Alfred die Grote

Alfred die Grote
Koning van Engeland
Standbeeld van Alfred die Grote, Winchester.
Standbeeld van Alfred die Grote, Winchester.
Huis Wessex
Regeer 23 April 871 – 26 Oktober 899
Voorganger Ethelred
Opvolger Eduard die Ouere
Eggenote Ealhswith
Kinders Eduard die Ouere
Aelfryth van Wessex
Ethelfleda e.a.
Gebore c. 849
Oorlede 899
Vader Ethelwulf
Moeder Osburga

Alfred die Grote (848 of 84926 Oktober 899) was van 871 tot met sy dood koning van Engeland. Hy was die vyfde en jongste seun van koning Ethelwulf en sy eerste vrou, Osburga. Hy het sy broer Ethelred opgevolg as monarg van Wessex, nadat dié dood is in die stryd teen die Dene. Alfred is in 868 getroud met Ealhswith van die Gaini in Noord-Lincolnshire, dogter van Ethelred Mucel, edelman van die Huis van Mercië.

Besonderhede oor Alfred se lewe is bekend danksy die werk van die Wallieser Asser, wat as sy biograaf beskou kan word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne